Skip to content

MK-party verwag vertoë-verslag van die Hoofsweep ná bedrogklagte [KLANK]

# Die hoofsweep van die MK-party se Nasionale Vergadering, Mmabatho Mokoena-Zondi, sal na verwagting volgende week vertoë rig ná haar inhegtenisneming op aanklagte van bedrog. Mokoena-Zondi het in die Kaapstadse Landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met ‘n beweerde aftrekking van 233-duisend-rand van parlementêre personeelsalarisse om regskoste vir partyleier Jacob Zuma te befonds. Sy is op borgtog van 30-duisend-rand vrygelaat. Die party se woordvoerder, Sifiso Mahlangu, het aan SABC News gesê interne raadpleging is aan die gang:

ENG-MahlanguOnMokoena-Zondi