# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het veterane van die party gemaan om op te hou om die organisasie openlik te kritiseer. Dit volg op kritiek deur oud-president Thabo Mbeki. Hy het die ANC se standpunt oor die Konstitusionele Hof-uitspraak oor Parlement se hantering van die Phala Phala-saak, wat president Cyril Ramaphosa betrek, bevraagteken. Mbalula het die ANC-veteraneliga toegespreek en lede versoek om privaat met party-ondersteuners te skakel en nie die organisasie in die media aan te val nie:
Mbalula vra veterane om media-aanvalle teen die ANC vermy [KLANK]
ENG-MbalulaOnVeterans