Skip to content

Rugby: Blitsbokke skitter in Valladolid met twee agtereenvolgende oorwinnings

# Rugby: Die Blitzbokke het hul veldtog in die Valladolid Seweswêreldkampioenskap in Spanje op ‘n wennoot afgeskop toe hulle Brittanje in ‘n spannende kragmeting met 17–12 geklop het. Die wedstryd was tot die laaste minuut nog gelykop met 12 punte elk, maar Tristan Leyds het in bykomende tyd met ‘n drie die oorwinning vir Suid-Afrika beklink. In hul ander wedstryd teen Kenia het Suid-Afrika ‘n maklike oorwinning van 14 -0 behaal nadat hulle met rustyd met 7-0 voorgeloop het. Vanmiddag pak die Blitsbokke Australië in hul laaste groepwedstryd in Groep A, voor die kwarteindronde.