# Die Johannesburgse Metropolisie het omvattende verkeersmaatreëls vir die Nasrec omgewing die naweek aangekondig met verskeie groot geleenthede wat gelyktydig plaasvind. Die geleenthede sluit in Dr. Tumi se byeenkoms van aanbidders op die FNB-stadion, die Portugese Fees en HYROX in die Ekspo-sentrum. Padsluitings en verkeersbeheerpunte kan verwag word op Nasrecweg, die Goue-hoofweg en die Soweto-hoofweg. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla vra motoriste om die aangewese parkeerareas te gebruik:
JMPD kondig uitgebreide verkeersmaatreëls aan vir Nasrec-naweekgeleenthede [KLANK]
ENG-FihlaOnTraffic