Skip to content

Agt leerders in Kenia in hegtenis geneem ná vermeende dodelike brandstigting

# Agt studente wat na bewering betrokke was by vermeende brandstigting is in hegtenis geneem. Die voorval het by ‘n Keniaanse meisieskool plaasgevind en 16 leerders is dood. Die brand het deur die Utumishi Girls Academy in Gilgil gewoed, ongeveer 120-kilometer noordwes van die hoofstad Nairobi. Die Nasionale Polisiediens sê die agt leerlders is geïdentifiseer ná onderhoude met leerders en personeel en ‘n forensiese oorsig van kringtelevisie-beeldmateriaal. Kenia het ‘n lang geskiedenis van skoolbrande, waarvan baie weens brandstigting was, terwyl ander deur ongelukke veroorsaak is.