# Rugby: Ruhan Nel is terug ná ‘n besering en sal môremiddag die Stormers aanvoer in hul kwarteindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap teen Cardiff op die Kaapstad-stadion. Hy word bygestaan deur die ervare agterspelers, Seabelo Senatla en Dan du Plessis, wat die enigste veranderings aan die beginspan vir hierdie belangrike uitspeelwedstryd is. Nel en Du Plessis speel vir die 30ste keer saam as senterpaar en is daarmee gelyk met De Wet Barry en Marius Joubert wat die meeste kere vir die Stormers in die kombinasie uitgedraf het.
Rugby: Nel keer terug om Stormers in VRK-kwarteindstryd te lei