# Rugby: Drie Suid-Afrikaanse spanne speel die naweek in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Bulle verwelkom Saterdagmiddag een-uur die Ierse span Munster op Loftus, gevolg deur die wedstryd tussen die Stormers en Cardiff in Kaapstad half-vier. Die Leeus speel nege-uur die aand in ‘n wegwedstryd teen Leinster in Ierland. In die ander kwarteindstryd pak Glasgow Warriors nog ‘n Ierse span, Connacht, in Skotland. Die halfeindstryde word volgende naweek beslis en die eindstryd die 20ste Junie.
Rugby: Drie Suid-Afrikaanse spanne die naweek in VRK-kwarteindstryde