Skip to content

Sokker: Broos gaan vanaand Bafana Bafana se span vir Wêreldbekertoernooi aankondig

# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, maak vanaand in Pretoria sy finale span bekend vir die Wêreldbekertoernooi, met president Cyril Ramaphosa wat ook teenwoordig sal wees. Broos gaan sy voorlopige groep van 32 spelers tot 26 verminder vir die toernooi in Kanada, Amerika en Mexiko. Bafana Bafana is in Groep A saam met Mexiko, die Tsjeggiese Republiek en Suid-Korea. Broos beklemtoon spelers se huidige vorm, fiksheid en aanpassing by sy wedstrydplan sal deurslaggewend wees in sy finale keuse.