Skip to content

Sokker: Kommer oor Messi se fiksheid kort voor die Wêreldbekertoernooi

# Sokker: Argentinië se kaptein, Lionel Messi, sukkel met ‘n besering slegs ‘n paar weke voor die land sy Wêreldbekertitel moet begin verdedig. Hy het Sondag die veld verlaat tydens ‘n wedstryd vir Inter Miami en is later met spiermoegheid in sy linker-agterkniesening gediagnoseer. Die Amerikaanse klub kon nie bevestig wanneer die 38-jarige superster weer na die veld sal terugkeer nie en sê dit sal afhang van sy kliniese en funksionele herstel. Argentinië se eerste groepwedstryd is teen Algerië in Kansas City op die 16de van volgende maand.