Skip to content

Sokker: Kommer oor Messi se fiksheid weke voor Wêreldbekertoernooi

# Sokker: Argentinië is bekommerd oor kaptein Lionel Messi se fiksheid nadat hy gister van die veld af is in die wedstryd tussen sy Amerikaanse span, Inter Miami, en Philadelphia. Die Wêreldbeker-wenner van 2022 het onttrek nadat hy die agterkant van sy linkerbeen vasgegryp het, maar dit het gelyk of hy normaal loop toe hy in die tonnel afstap. Afrigter Guillermo Hoyos het later gesê dit was net moegheid en ‘n voorsorgmaatreël in die nat toestande. Argentinië begin sy Wêreldbeker-titelverdediging teen Algerië op die 16de van volgende maand.