# Die Gautengse regering herbevestig sy verbintenis om aandag te skenk aan water- en sanitasie-uitdagings in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit. Dit volg ná voorleggings op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verhore waar ernstige infrastruktuurmislukkings uitgelig is, insluitend verouderende stelsels, rioolstortings, onderbroke toevoer en nie-verrekenbare waterverliese wat op 70-persent geraam word. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê finansiële druk en skuld aan Rand Water belemmer aanhoudend dienslewering. Hy sê ‘n nuwe waterverskaffings-instelling sal na verwagting in Julie bedrywighede oorneem as deel van langtermyn-hervormings.
Regering beloof steun om Emfuleni se water- en sanitasiedienste bestendig te kry