# President Xi Jinping van China en sy Russiese amps- en bondgenoot, Vladimir Putin, vergader vandag en môre in Beijing in ʼn poging om bande te versterk. Putin se besoek val saam met die 25ste herdenking van die Verdrag van Goeie Buurmanskap en Vriendelike Samewerking tussen Rusland en China. Sy besoek volg minder as ʼn week nadat president Donald Trump van Amerika sy eie besoek aan Beijing afgesluit het. Die Kremlin sê Putin en Xi sal ekonomiese samewerking tussen die twee lande bespreek, maar ook fokus op belangrike internasionale en streek-sake.
Putin besoek China om bilaterale samewerking tussen Rusland en Beijing te versterk