Skip to content

Motorsport: Wolff sê Mercedes moet seker maak Antonelli se voete bly op die grond

# Motorsport: Mercedes se Formule Een-spanhoof, Toto Wolff, sê hulle moet die jong Italiaanse renjaer, Kimi Antonelli, beskerm teen te veel openbare lof ná die land se sokkerspan weer nie vir die Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer het nie. Wolff sê die 19-jarige Antonelli en die wêreld-nommer-een-tennisspeler, Jannik Sinner, het nou die sokkergek-nasie se nuwe sporthelde geword, en Mercedes moet sorg dat Antonelli se voete op die grond bly. Hy het die afgelope drie Grand Prix gewen en het ‘n voorsprong van 20 punte bo sy Britse spanmaat, George Russell, boaan die bestuurders-kampioenskap.