Skip to content

Dodetal weens erge weer styg tot 18 in Suid-Afrika

# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê erge weer regoor Suid-Afrika het sedert 4 Mei die lewens van 18 mense geëis, met oorstromings en storms wat wydverspreide skade veroorsaak het. Cogta-woordvoerder Pearl Maseko-Binqose sê die Wes-Kaap het die hoogste sterftesyfer met 11. Rampbestuurspanne en noodlenigingsorganisasies bly besig om geaffekteerde gemeenskappe te help. Die humanitêre groep Gift of the Givers sê hulle sal voortgaan om hulp, insluitend warm maaltye en ondersteuning, aan ontheemde gesinne te verskaf terwyl herstelpogings voortduur.