# ‘n Amerikaanse Senaatsamptenaar het sekerheids-befondsing wat vir president Donald Trump se beplande balsaal in die Withuis gebruik kon word, uit ‘n reuse-bestedingspakket verwyder. Elizabeth MacDonough se besluit is ‘n knou vir Trump en sy administrasie. Trump het gesê die oprigting van die balsaal sal befonds word deur 6,5-miljard-rand se privaat skenkings. Republikeine in die Senaat het 65-miljard-rand se belastingbetaler-befondsing aan die Geheime Diens geëis vir sekerheids-opgraderings aan die balsaal en ander strukture wat daaronder gebou word.
Federale befondsing vir Trump se balsaal in gevaar na Senaatsbeslissing