Skip to content

Malema beskuldig Ramaphosa dat hy deursigtigheid oor Phala Phala blokkeer [KLANK]

# EFF-leier Julius Malema het herhaal dat president Cyril Ramaphosa probeer om deursigtigheid oor die Phala Phala-skandaal te blokkeer. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn-uitsending gesê die party is gekant teen Ramaphosa se hofhersiening van die onafhanklike paneelverslag en enige poging om die ampsklagverrigtinge te stop. Malema voer aan dat die hersieningsproses nie met parlementêre verantwoordbaarheid moet inmeng nie. Hy beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy politieke mag en die howe gebruik om te keer dat hy ondersoek word:

ENG-MalemaOnTransparency