Skip to content

Mogotsi gearresteer oor beweerde opgemaakte sluipmoord in Vosloorus [KLANK]

# Die SAPD het die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi in hegtenis geneem vir regsverydeling na ‘n beweerde opgemaakte moordpoging in Vosloorus verlede November. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n multidissiplinêre wetstoepassingspan het Mogotsi met ‘n J50-lasbrief vir inhegtenisneming onderskep terwyl hy op pad was na Johannesburg nadat hy voor die Madlanga-kommissie getuig het. Mathe sê die polisie het ook ‘n vuurwapen gekonfiskeer wat met ander ernstige geweldsmisdade verbind word:

ENG-MatheOnMogotsi