Skip to content

Gholf: Higgo van SA herstel van twee strafhoue om 69 te behaal in Amerikaanse PGA

# Gholf: Garrick Higgo van Suid-Afrika het herstel van twee strafhoue om een onder baansyfer-69 aan te teken in die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap. Hy is gestraf omdat hy sekondes laat vir sy afslaan opgedaag het vanaf die oefenveld. Hy is steeds slegs twee houe agter die groep van sewe voorlopers, onder wie sy landgenoot Aldrich Potgieter. Die 27-jarige Higgo het vier voëltjies aangeteken en hy sê hy is uiters trots, want hy was geestelik sterk in die manier waarop hy aanhou veg het.