Skip to content

Polisie lê beslag in Noordwes op dwelms van nagenoeg R100-miljoen

# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vanoggend ‘n vermeende dwelmlaboratorium op ‘n plaas naby Koster in Noordwes ontdek, waar dwelms ter waarde van meer as 100-miljoen-rand gekonfiskeer is. Die polisie sê gesofistikeerde industriële masjinerie is gevind wat na bewering gebruik is om dwelms te vervaardig. Volgens foto’s wat deur owerhede vrygestel is, was dit waarskynlik ‘n grootskaalse produksiefasiliteit. Die ontdekking volg terwyl die Madlanga-kommissie voortgaan om die hantering van dwelmverwante sake deur wetstoepassingsagentskappe te ondersoek.