Skip to content

Rugby: Georgië se voormalige kaptein vir elf jaar verban weens rol in opkikker-toetsskandaal

# Rugby: Die spel in Georgië is in omstredenheid gedompel toe die voormalige kaptein, Merab Sharikadze, vir elf-jaar verban is omdat hy sy spanmaats gehelp het om te kul in opkikkertoetse. Wêreldrugby het ook nog vyf spelers en die spandokter, Nutsa Shamatava, vir tot nege jaar verban. ‘n Gelyklopende ondersoek is saam met die Wêreld-agentskap teen Opkikkergebruik ingestel nadat onreëlmatighede in uriene-monsters gevind is. Daar is bevind Sharikadze het skoon uriene-monsters aan drie spelers verskaf voor 2023 se Wêreldbekertoernooi. Shamatava het spelers voor die tyd van beplande opkikkertoetse ingelig.