# Rugby: Die Springbok-vleuel Chester Kolbe het Japan se Eersteliga-kompetisie as die bobaas-puntemaker afgesluit na ‘n briljante seisoen. Sy 185 punte het nege drieë ingesluit, maar die res het van sy skopskoen gekom. Dit het sy totaal vir sy klub, Tokyo Sungoliath, op 271 in 30 wedstryde te staan gebring, en hy kan daardie telling verbeter na hulle die eindronde gehaal het. Kolbe se vernuf met die skoen word as goeie nuus vir die Bokke beskou, want hy kan help met skopwerk met ‘n uitdagende seisoen wat voorlê.
Rugby: Kolbe is voorste puntemaker in Japan se Eersteliga met drieë én skopskoen