Skip to content

Rugby: Venter gaan Leeus se VRK-wedstryd in Limerick misloop weens kniebesering

# Rugby: Die Leeus gaan sonder die losvoorspeler Ruan Venter wees in die naweek se laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-groepswedstryd teen Munster in Ierland. Hy het sy knie beseer in verlede naweek se kragmeting met Leinster, wat die Johannesburgse span 31-7 verloor en sy kans verspeel het om onder die top-vier te eindig en ‘n tuis-kwarteindstryd te beklink. Venter is reeds huis toe. Die Leeus is tans vyfde op die punteleer en moet Munster in Limerick klop om die uitklopfase te haal.