# Rugby: Die drie Suid-Afrikaanse spanne wat steeds die Verenigde Rugby-kampioenskap se uitspeelrondes kan haal, sal alles in die stryd moet werp in die naweek se kragmetings. Die Stormers is tans tweede op die punteleer en seker van kwalifisering, maar ‘n oorwinning oor Cardiff in Wallis Vrydag sal hulle ‘n tuiskwarteindstryd laat beklink. Die Bulle is vierde en die Leeus vyfde, en oorwinnings in die laaste groepronde sal kwalifisering verseker. Die Bulle pak die Italiaanse span Benetton op Loftus terwyl die Leeus in Ierland teen Munster te staan kom.
Rugby: Alles op die spel vir drie SA spanne in die finale VRK-groepronde