# Sokker: Suid-Afrika en vyf ander Suider-Afrikalande beplan ‘n gesamentlike bod om die Afrikabekertoernooi in 2028 aan te bied. Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê Suid-Afrika wil Lesotho, Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek betrek. Volgende jaar se toernooi sal in Kenia, Uganda en Tanzanië gehou word, terwyl Suid-Afrika dit voorheen in 1996 en 2013 aangebied het. McKenzie sê die fyner besonderhede van die gesamentlike bod sal tydens ‘n vergadering op die 17de van hierdie maand bespreek word.
Sokker: Suid-Afrika wil Afcon 2028 saam met vyf ander Suider-Afrikalande aanbied