# Rugby: ‘n Oorwinning vir die Junior Bokke oor die tweemalige verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, Saterdag in Gqeberha in die Oos-Kaap sal hulle hul eerste Onder-20-Rugbykampioenskapstitel besorg. Die Baba-Bokkies het Argentinië en Australië vroeër oortuigend verslaan, terwyl die Baby Blacks die Wallabies geklop maar teen Los Pumitas verloor het. Daar was vroeër verwarring dat Suid-Afrika reeds die titel beklink het, maar SA Rugby het bevestig daar is steeds ‘n kans dat hulle nog ingehaal kan word. Argentinië en Australië pak mekaar in Saterdag se ander wedstryd.
Rugby: Junior Bokke sal Onder-20 kampioen wees as hulle Saterdag die Baby Blacks klop