Skip to content

Gholf: Smith glo LIV Gholf sal voortbestaan ondanks die verlies van finansiële steun uit Saoedi-Arabië

# Gholf: Die Australiese major‑wenner Cameron Smith glo LIV Gholf sal oorleef al het die Saoedi-Arabiese Openbare Beleggingsfonds aangekondig sy befondsing word ná hierdie seisoen gesny. Die fonds het 81-miljard-rand aan LIV bestee sedert dit in 2022 bekendgestel is. Smith het vroeg oorgeskuif, glo vir ‘n aanmeldingsfooi van 1,6-miljard-rand, en het sedertdien ongeveer 800-miljoen-rand se prysgeld verdien. Die wenner van 2022 se Britse Ope sê hy het die versekering gekry dat die toer volgende jaar sal voortgaan.