Skip to content

Mbalula aanvaar aktivis Anele Mda se verskoning oor Bozwana moordbeskuldigings

# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die aktivis Anele Mda se verskoning aanvaar nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar verlof geweier het om teen ‘n lasteruitspraak te appelleer. Daar is bevind Mda se sosiale media-plasings wat Mbalula verbind met die moord op ‘n sakeman van Noordwes, Wandile Bozwana, is lasterlik en ongegrond. Die tendermagnaat is dood nadat hy en sy vennoot, Betty Baloyi, in 2015 op die N1-snelweg in Pretoria geskiet is. Mda het haar uitlatings teruggetrek. Mbalula sê dis belangrik om reputasies teen vals bewerings te beskerm.