Skip to content

Drie sterf in skietgeveg in Mahikeng na kitsbank-bomaanval

# Die polisie se nasionale ingrypingseenheid het vanoggend drie verdagtes doodgeskiet na ‘n kitsbank-bomaanval in Zeerust, Noordwes. Woordvoerder Athlene Mathe sê die polisie het die verdagtes in ‘n veilige huis in Magogoe, Mahikeng, opgespoor waar ‘n skietgeveg losgebars het. Sy sê die ondersoek duur voort.