Nuus 16:00
BULLETIN 5 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fadiel Adams word in hegtenis geneem nadat hy versuim om by die polisie aan te meld
# Suid-Afrika versterk sy stryd teen bek-en-klouseer met globale vennootskappe
# En twee sterf en talle is beseer toe ‘n motor in ‘n skare in die Duitse stad Leipzig injaag
# Die polisie het die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, by sy parlementêre dorpshuis in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy homself nie oorgegee het nie. Hy word gesoek vir bedrog en regsverydeling wat verband hou met die moordsaak van die ANC-raadslid Sindiso Magaqa. Adams het onderweg na die Grassypark-polisiestasie gesê hy het aangedui hy is bereid om saam te werk:
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het sy bek-en-klouseer-inentingsprogram aansienlik uitgebrei en miljoene dosisse uit Argentinië en Turkye bekom terwyl plaaslike produksie ‘n hupstoot gegee word. Hy het in die Parlement gesê meer as 2,5-miljoen diere is reeds landwyd ingeënt en die departement beoog om teen einde vanjaar 80-persent van die nasionale kudde te bereik deur ‘n risiko-gegronde ontplooiing wat deur provinsiale spanne en privaat vennote ondersteun word:
Steenhuisen het ook bek-en-klouseerbeperkings binne die KwaZulu-Natalse siektebestuursgebied opgehef, wat die bewegingsbeheer beëindig wat in 2021 ingestel is. Hy sê die besluit volg op veranderende uitbrekingspatrone, met gevalle wat nou oor die provinsie versprei is. Steenhuisen sê hoewel beperkings opgehef word, beklemtoon owerhede dat breër biosekerheids-maatreëls van krag sal bly namate Suid-Afrika oorskakel na ‘n enkele nasionale raamwerk vir die bestuur van veesiektebeheer:
Nuus uit die buiteland:
# Twee mense is dood en verskeie beseer toe ‘n motor in ‘n skare ingeploeg het in Leipzig in die ooste van Duitsland. Burgemeester Burkhard Jung sê die vermeende oortreder, wat die owerhede as ‘n 33-jarige Duitse burger identifiseer het, is in hegtenis geneem. Hy voeg by die owerhede het nog nie ‘n motief bepaal nie. Die polisie bevestig ‘n motor het verskeie mense in die sentrale gebied getref voor die bestuurder weggejaag het. Owerhede sê 22 mense is beseer, drie van hulle ernstig.
# Rugby: Die Springbok-slot Salmaan Moerat is terug op die oefenveld en lyk of hy fiks sal wees vir die Stormers se laaste twee Verenigde Rugbykampioenskaps-groepwedstryde in Europa. Hy het in Januarie laas vir die Kaapstadse span gespeel toe hy ‘n toonbesering opgedoen het. Die Stormers, tans boaan die punteleer, speel Vrydagaand in Ierland teen Ulster en volgende naweek in Wallis teen Cardiff. Moerat se terugkeer is ook goeie nuus vir die Bokke. Hy verlaat die Stormers die einde van die seisoen om by La Rochelle in Frankryk aan te sluit.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-48-sent teen die euro en 22-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-126-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-567-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 110-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….