# Sokker: Miljoene ondersteuners in Indië en China is onseker of hulle Wêreldbeker-wedstryde sal sien weens ‘n dooiepunt oor uitsaairegte in die wêreld se twee digs-bevolkte lande. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het ‘n gesamentlike onderneming in Indië se aanbod van 335-miljoen-rand vir uitsaairegte verwerp. Daar is ook nog geen ooreenkoms aangekondig vir China nie, wat tydens die vorige toernooi in 2022 verantwoordelik was vir net minder as die helfte van alle kykure op digitale en sosiale mediaplatforms. Reuters berig FIFA het uitsaaiooreenkomste in meer as 175 gebiede gesluit.
Sokker: Miljoene ondersteuners in Indië en China onseker oor Wêreldbeker-dekking