# Rugby: Die Springbok-slot Salmaan Moerat is terug op die oefenveld en lyk of hy fiks sal wees vir die Stormers se laaste twee Verenigde Rugbykampioenskaps-groepwedstryde in Europa. Hy het in Januarie laas vir die Kaapstadse span gespeel toe hy ‘n toonbesering opgedoen het. Die Stormers, tans boaan die punteleer, speel Vrydagaand in Ierland teen Ulster en volgende naweek in Wallis teen Cardiff. Moerat se terugkeer is ook goeie nuus vir die Bokke. Hy verlaat die Stormers die einde van die seisoen om by La Rochelle in Frankryk aan te sluit.
Rugby: Moerat oefen weer saam met die Stormers na lang afwesigheid weens besering