# Padhardloop: Die sesde Durban Internasionale Marathon is aan die gang in eThekwini, met byna tienduisend atlete wat deelneem. Die organiseerder Steve Mkasi sê die byeenkoms het internasionale atlete gelok en sluit vyf, tien en 42 kilometer wedlope in. Dit dien as ‘n kwalifiseringswedren vir die Comrades Marathon. Onder die elite-atlete wat deelneem is Melesa Solomon Kibret van Ethiopië, Ngonidzashe Ncube van Zimbabwe, en Wilfred Kiplangat van Uganda. Die 2023-kampioen Annie Bothma hoop om haar titel terug te wen teen sterk internasionale deelnemers soos Alemitu Ajema Lema en Zewudinesh Hurisa Degefa van Ethiopië.
Padwedlope: Durban Marathon lok duisende atlete