# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê hulle werk daaraan om die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture voor die verkiesing op 4 November goed te keur. Die wetsontwerp is daarop gemik om ‘n raamwerk vir bestendige koalisieregerings te bied. Hlabisa sê bindende ooreenkomste sal help om bestendigheid in munisipaliteite te verseker. Terwyl sommige partye die voorstel gekritiseer het, glo die regering duidelike is reëls nodig om koalisies te reguleer en konsekwente, verantwoordbare regering op plaaslike vlak te verseker.
Hlabisa druk vir Koalisiewetsontwerp voor plaaslikeregeringsverkiesing