Skip to content

Tennis: Sinner en Zverev pak mekaar in die eindronde van die Madrid Ope

# Tennis: Wêreldnommer-een Jannik Sinner van Italië pak Alexander Zverev môremiddag in die eindstryd van die Madrid Ope. Sinner het die Fransman Arthur Fils gister verslaan, terwyl die tweemalige kampioen Zverev van Duitsland sy plek verseker het deur die ongekeurde Belg Alexander Blockx gisteraand in skoon stelle te klop. In die vroue-eindstryd vanmiddag, sal die Oekraïense ster Marta Kostyuk die 19-jarige Russies-gebore Mirra Andreeva, wat neutraal deelneem, teëkom. Andreeva het haar eerste WTA 1000-titel in die oog, terwyl Kostyuk ‘n geskiedkundige oorwinning vir haar tuisland wil hê.