# Die GOOD-party het ‘n voorstel van die Stad Kaapstad verwerp om 187 vierkante meter grond in die sentrale sakekern te verkoop, en sê dit beloon indringing en ontbreek aan billikheid en deursigtigheid. Suzette Little van die party sê die proses bevoordeel sommige terwyl dit armer inwoners en langtermynhuurders uitsluit, en ignoreer geskiedkundige ongeregtighede wat verband hou met grondverkope in gebiede soos Wynberg. Die party doen ‘n beroep op ‘n moratorium en hersiening:
GOOD veroordeel Stad Kaapstad oor verkoop van omstrede grond in sentrale sakekern [KLANK]
ENG LittleOnLand