Skip to content

Padwedlope: Deelnemers gaan in Junie kortste Comrades in jare aflê

# Padwedlope: Atlete sal ‘n afstand van 85,7-kilometer moet aflê in vanjaar se Comrades-marathon, wat dit die kortste wedloop in jare maak. Die organiseerders het die afstand bevestig vir die 99ste weergawe van die ikoniese wedloop, wat op 14 Junie van Durban na Pietermaritzburg plaasvind. Dit sal 133-meter korter wees as die vorige kortste op-wedloop in 2024. Wedloop-direkteur Sue Forge sê die effense verkorte afstand is hoofsaaklik weens roete-aanpassings te midde van voortgesette padwerke. Altesaam 22-duisend atlete mag deelneem.