Skip to content

Sokker: Youssef vol vertroue dat sommige spelers van Kaizer Chiefs vir Bafana oorweeg kan word

# Sokker: Kaizer Chiefs se mede-afrigter, Khalil Ben Youssef, sê verskeie spelers van die klub verdien om by Bafana Bafana se spelersgroep ingesluit te word. Hy het reageer nadat geen van sy spelers by onlangse spelersgroepe ingesluit is nie. Youssef glo dat minstens vier Chiefs-spelers in aanmerking kan kom op grond van hulle bestendigheid en uitstekende spanwerk. Hy sê Brendon Petersen, Bradley Cross, Lebo Maboe en Thabiso Monyane is goed genoeg en moet beloon word.