Nuus 13:00
BULLETIN 29 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-party loof minister Gwarube se optrede oor die handboektender van meer as 1,6-miljard-rand
# Nog twee dwelmmuile is op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek
# En atletiek: Allyson Felix beplan om op 40 terug te keer na die Olimpiese Spele in haar tuisstad
# Die GOOD-party sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet geloof word omdat sy vinnig opgetree en die Nasionale Tesourie gevra het vir ‘n ondersoek na vermeende onreëlmatighede met ‘n tender van 1,6-miljard-rand vir die verkryging van handboeke. News24 het berig Lighthouse Publishers het ‘n kwart van die tender ontvang. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die maatskappy is eers geregistreer nadat besonderhede oor die nasionale katalogus uitgereik is:
Die ANC is ook bekommerd oor die tender. Die party sê hierdie bewerings dui op ‘n kommerwekkende mislukking in bestuur, verkryging, integriteit en aanspreeklikheid.
# Polisielede het nog twee vermeende dwelmmuile op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vasgetrek tydens voortgesette operasies. Dit bring die aantal verdagtes wat binne drie dae aangekeer is, op vier te staan. Woordvoerder Amanda van Wyk sê hulle is onderskep nadat hulle op ‘n internasionale vlug aangeland het, na bewering met versteekte dwelmmiddels. Sy sê die optrede vorm deel van verskerpte pogings om dwelmhandel op belangrike toegangspunte te bekamp:
# Atletiek: Die mees bekroonde Olimpiese atleet in atletiek, die Amerikaner Allyson Felix, beplan om op 40-jarige ouderdom weer tot die sport toe te tree. Sy hoop om aan 2028 se Spele deel te neem, wat in haar tuisstad, Los Angeles, aangebied word. Felix het ná die Wêreldkampioenskap van 2022 uitgetree en sedertdien geboorte gegee aan haar tweede kind. Sy sê die Spele in L-A is die enigste geleentheid wat vir haar belangrik genoeg is om weer deel te neem. Felix het 11 medaljes verower op vorige Spele.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-59-sent teen die dollar, 19-rand-41-sent teen die euro en 22-rand-40-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-119-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-569-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-6-sent per vat.
# En ten slotte: Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie vra sy lede en alle Suid-Afrikaners om Vrydag Cosatu se Werkersdag-saamtrekke by te woon. POPCRU se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die dag het ‘n spesiale revolusionêre betekenis in Suid-Afrika. Hy sê dit was die georganiseerde mag van werkers wat verenig het onder organisasies soos Cosatu, wat ‘n beslissende rol gespeel het in die uitwissing van apartheid en die bevordering van die Nasionale Demokratiese Revolusie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….