# Rugby: Die Walliese agterspeler George North beplan om na die huidige seisoen uit internasionale rugby te tree. Die 34-jarige het 47 drieë gedruk in 121 toetse vir Wallis oor 13 jaar en die unie gehelp om vier Sesnasies-titels en twee Grand Slams in te palm. Hy het ook drie toetse vir die Britse en Ierse Leeus gespeel tydens hulle toere van 2013 en 2017. North het die derde meeste toetse vir Wallis gespeel na Alun Wyn Jones en Gethin Jenkins, en die tweede meeste drieë gedruk na Shane Williams.
Rugby: Beroemde Wallieser George North tree uit internasionale rugby