Skip to content

Krieket: Rajasthan Royals se kaptein kan gestraf word vir damprook in Indië

# Krieket: Die Indiese Premierliga kan dalk tugstappe doen teen Rajasthan Royals se kaptein, Riyan Parag, nadat foto’s van hom wat in die kleedkamer ‘n e-sigaret rook, op sosiale media versprei is. E-sigarette is in 2019 in Indië verbied, en oortredings kan tot swaar boetes of tronkstraf lei. Parag sukkel om dié seisoen aan die gang te kom en het tot dusver slegs 117 lopies in nege wedstryde aangeteken. Indië se beheerliggaam, die BCCI, kan hom volgens berigte beboet vir die oortreding van IPL-reëls en die stel van ‘n swak voorbeeld.