# Die voorsitter van die Parlement se komitee vir Maatskaplike Ontwikkeling, Bridget Masango, het bevestig minister Sisisi Tolashe gaan gedagvaar word om te reageer op bewerings van oortredings van finansiële wette. Berigte dui aan ‘n staatsbetaalde werker is gebruik vir privaat pligte en gedwing om haar salaris met ‘n familielid te deel. Masango sê, indien waar, sal die openbare vertroue geskend word. Sy sê die komitee sal volledige inligting aanvra van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Parlement gaan minister Tolashe dagvaar oor bewerings van oortreding van finansiële wette