Nuus 17:00
BULLETIN 24 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa waarsku ongelykheid dreig wêreldwye vooruitgang
# Afrika-regters aanvaar die Johannesburgse Verklaring oor geslagsgelykheid
# En, Rugby: Diie Junior Springbokke pak Argentinië op Vryheidsdag in die Suidelike Halfrond se onder-20-kampioenskap
# President Cyril Ramaphosa sê ongelykheid bly een van die grootste bedreigings vir menslike vooruitgang, wat geleenthede beperk en potensiaal vermors. Hy het voor die raadgewende raad van die stigtingskomitee van die internasionale paneel oor ongelykheid gewaarsku ongelykheid verskans armoede oor geslagte heen en beperk toegang tot basiese behoeftes soos onderwys, voedsel en werksgeleenthede. Ramaphosa beklemtoon globale vooruitgang is onmoontlik terwyl miljarde mense van geleenthede uitgesluit bly:
# Die Madlanga-kommissie is bekommerd oor teenstrydighede in getuienis nadat die geskorste adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, Umashi Dhlamini, onthul het dat verkrygingsreëls vereis dat aankoopbestellings uitgereik word voordat werk begin. Dit weerspreek die getuienis van die geskorste finansiële hoof, Gareth Mnisi. Die ondersoek kyk na onreëlmatighede in ‘n sekerheidstender van 59-miljoen-rand wat verband hou met Gubis85 Solutions. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het kommer uitgespreek oor terugwerkende fakturering in Tshwane se munisipale kontrakte:
# Die Konferensie van Gronwetlike Jurisdiksies van Afrika en die Suid-Afrikaanse Regbank het die Johannesburgse Verklaring aanvaar, wat gemik is op die bevordering van geslagsgelykheid en regterlike uitnemendheid. Die ooreenkoms het ‘n driedaagse spitsberaad van vroue-regterlike leiers in Johannesburg afgesluit. Sleutel-voorkeure sluit in die verhoging van vroueverteenwoordiging op die regbank, die versterking van grondwetlike geregtigheid en die bevordering van regterlike onafhanklikheid. Die verklaring stem ook ooreen met streeksmenseregte-raamwerke en poog om samewerking tussen Afrika-regbanke oor moderne regsuitdagings te verbeter.
# Twee bosbrande woed steeds in die rigting van woongebiede in ‘n noordelike Japannese dorp, wat owerhede gedwing het om ontruimingsbevele na meer as drie-duisend mense uit te brei. Die brand het Woensdagmiddag in ‘n bergagtige gebied in die Iwate Prefektuur uitgebreek, gevolg deur nog ‘n brand ongeveer twee ure later naby die dorp Otsuchi. Brandbestryders het die brande van die grond en uit die lug bestry, maar dit is nog nie onder beheer gebring nie. Dit het meer as een-duisend-176 hektaar verwoes en ontruimingsbevele afgedwing wat een-duisend-541 huishoudings en drie-duisend-233 mense raak.
# Rugby: Die Junior Springbokke begin hul onder-20-rugbykampioenskapveldtog op Vryheidsdag teen Argentinië op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Die wedstryd volg op die toernooi se openingswedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië. Die vier Suidelike Halfrond-nasies sal een keer teen mekaar speel in ‘n rondomtalie-formaat, met die laaste kragmetings op 9 Mei. Die Baba-bokke se groep bevat verskeie provinsiale sterre. Die toernooi dien as ‘n belangrike ontwikkelingsplatform voor Wêreldrugby se onder-20-kampioenskap wat van 27 Junie tot 18 Julie in Georgië plaasvind.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-39-sent teen die euro en 22-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-367-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-704-dollar-75-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 98-dollar-98-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….