# Krieket: ‘n Ster van Nieu-Seeland se vrouespel, Suzie Bates, gaan na die T20-Wêreldbekertoernooi in Engeland uittree nadat sy die afgelope twee dekades op die hoogste vlak gespeel het. Die 38-jarige het 178 eendagwedstryde en 177 T20’s vir die White Ferns gespeel, wat haar die mees ervare vroulike internasionale speler ooit maak. Bates het meer as 10-duisend lopies in die twee formate aangeteken en 142 paaltjies geneem. Sy het Nieu-Seeland in 151 wedstryde aangevoer. Die huidige kaptein, Amelia Kerr, beskryf Bates as een van die beste spelers van alle tye.
Krieket: White Ferns-ster Suzie Bates gaan na T20-Wêreldbeker uittree