Skip to content

Ondersoek bevind meer as 500 mense is dood in verkiesingsgeweld in Tanzanië

# Vyf-honderd-en-18 mense is aan onnatuurlike oorsake dood tydens wydverspreide betogings in Tanzanië na verlede jaar se algemene verkiesing. Die voorsitter van die kommissie van ondersoek, Mohamed Chande Othman, het egter nie gesê wie verantwoordelik is vir die sterftes nie en het verdere ondersoeke aanbeveel. Opposisiepartye en menseregtegroepe het die veiligheidsmagte beskuldig van die wrede onderdrukking van anti-regeringsbetogings. President Samia Suluhu Hassan is tot wenner verklaar met 98-persent van die steun na die verkiesing op 29 Oktober, wat die opposisie as ‘n bespotting van demokrasie beskryf het.