Skip to content

Treine bots in Denemark met vier mense kritiek beseer

# Twee treine het op die Gribskov-lyn noordwes van Kopenhagen gebots, met vier mense wat kritiek beseer is en 13 ander in die hospitaal. Die treine was op pad tussen die dorpe Hillerød en Kagerup in die Noord-Seeland-gebied van Denemarke. Die lyn is gewild onder inwoners, werkers en studente. Spoorwegongelukke is seldsaam in Denemarke en ‘n kenner meen een van die treine het moontlik op die verkeerde spoor beland nadat ’n stopsein geïgnoreer is. Die Gribskov-lyn is waarskynlik nie met ‘n outomatiese veiligheidstelsel toegerus is nie.