# Motorsport: McLaren se renjaers, Lando Norris van Brittanje en die Australiër Oscar Piastri, sê dit sal ‘n groot verlies vir Formule Een wees as die viermalige wêreldkampioen, Max Verstappen, sou uittree. Red Bull se Nederlandse renjaer het by verskeie geleenthede gesinspeel dat hy aan die einde van die seisoen kan vertrek en frustrasie uitgespreek oor dié seisoen se ingrypende reëlveranderinge. Piastri sê hulle wil teen die bestes jaag en hulself teen die bestes bewys. Verstappen is tans negende op die bestuurderspunteleer na ‘n teleurstellende begin van die seisoen.
Motorsport: McLaren se renjaers sê Verstappen se uittrede sal ‘n groot verlies vir F1 wees