# Rugby: Nieu-Seeland beplan ‘n reuse-aanslag in vanjaar se toer in Suid-Afrika wat in Augustus afskop. Die spelersgroep kan tot 80 wees. Die All Blacks speel drie toetse teen die Springbokke in Suid-Afrika, en nog een in Amerika. Die besoekers sal ook wedstryde teen die Stormers, die Haaie, die Bulle en die Leeus speel. Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, het glo ‘n unieke uitdaging voor die toer want hy het nog klubverpligtinge in Japan tot vroeg in Junie.
Rugby: Nieu-Seeland beplan reuse-aanslag tydens sy toer in Suid-Afrika