Skip to content

Rugby: Stormers sal alles moet uithaal vir VRK-kwarteindstryd op eie bodem

# Rugby: Die Stormers sal alles moet uithaal om ‘n tuis-kwarteindstryd in die United Rugbykampioenskap te verseker nadat hulle Saterdag onverwags tuis teen Connacht verloor het. Die Kaapse span is steeds tweede op die punteleer met drie groepwedstryde oor, drie punte agter Glasgow Warriors, maar sewe spanne hou ‘n bedreiging in – Leinster, die Leeus, Ulster, Munster, Cardiff, die Bulle en Connacht. Die Stormers pak Glasgow volgende op hulle tuisveld, gevolg deur wegwedstryde teen Ulster in Ierland en Cardiff in Wallis voor die uitspeelwedstryde.