# Lede van die Suid-Afrikaanse Polisie het as deel van Operation Lockdown III ‘n 33-jarige vermeende bendeleier in Ravensmead, Kaapstad, gearresteer vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê beamptes het beslag gelê op vyf wapens, insluitend ‘n R5-geweer, ‘n haelgeweer en pistole, asook 160 rondes ammunisie. Vier vuurwapens se reeksnommers was afgevyl. Sy sê ‘n versteekte voorraad wapens is tydens ‘n intelligensie-geleide optrede naby woonstelle ontdek:
Bendeleier in Kaapstad gearresteer tydens vuurwapen-operasie [KLANK]
AFR VanWykOnGangMember