# Die Stad Kaapstad gaan die Hangberg-burgersentrum heropen na ‘n volledige opknapping, nadat dit onwettig beset en gevandaliseer is. Die Hangberg-burgersentrum is teen ‘n koste van net meer as 1,9-miljoen-rand gerestoureer na onwettige besetters wat jare daar was, uitgesit is. Dit is een van drie sport- en ontspanningsprojekte in die gemeenskap wat teen ‘n koste van nege -miljoen-rand herstel is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die fasiliteite bied ‘n veilige en toeganklike omgewing wat positiewe alternatiewe en geleenthede vir jongmense skep.
Houtbaai burgersentrum herstel met meer as R9-miljoen se belegging in gemeenskapsruimtes